![](https://gesinsbediening-ngwp.co.za/wp-content/uploads/2019/01/GESINSBEDINING-1024x222.png)
Kategese
Laai dokumente af ter voorbereiding vir Sondag:
Bybelstudie
Laai dokumente af na die diens Sondag vir die week wat volg:
![](https://gesinsbediening-ngwp.co.za/wp-content/uploads/2019/01/NGWP-LOGO-2.png)
Jakobus 3 : 13 – 4 : 9
Hemelse wysheid teenoor aardse en demoniese wysheid 13Is daar ‘n wyse en verstandige mens onder julle? Dan moet hy dit toon deur sy goeie gedrag en deur dade wat van nederigheid en wysheid getuig. 14 Terwyl daar bittere naywer en selfsug in julle harte is, moet julle nie daarmee spog dat julle wysheid het nie, want dan praat julle nie die waarheid nie. 15 Dié soort wysheid kom nie van Bo nie, maar is aards, sinlik, demonies, 16 want waar daar naywer en selfsug is, kom daar wanorde en allerhande gemene dade. 17 Maar die wysheid wat van Bo kom, is allereers sonder bybedoelings, en verder is dit vredeliewend, inskiklik, bedagsaam, vol medelye en goeie vrugte, onpartydig, opreg. 18 Hierdie wysheid bring jou in die regte verhouding met God, en jy moet dit gebruik om vrede te maak. Waarskuwing teen wêreldliefde en hoogmoed 1 Waar kom die stryd vandaan, waar kom die rusies onder julle vandaan? Kom dit nie van julle selfsugtige begeertes wat gedurig binne-in julle woed nie? 2 Julle wil dinge hê, maar kry dit nie en wil dan moord pleeg; julle is jaloers op ‘n ander man se goed en kan dit nie in die hande kry nie en dan maak julle rusie en baklei julle. Julle kry nie, omdat julle nie bid nie. 3 As julle bid, ontvang julle nie, omdat julle verkeerd bid: julle wil net julle selfsugtige begeertes bevredig. 4 Weet julle nie, julle ontroues, dat vriendskap met die wêreld vyandskap teen God is nie? Wie ‘n vriend van die wêreld wil wees, wys daarmee dat hy ‘n vyand van God is. 5 Of dink julle dat die Skrif sonder rede sê dat God die gees wat Hy in ons laat woon, heeltemal vir Homself wil hê? 6 Maar die genade wat Hy gee, is nog groter. Daarom sê Hy: “God weerstaan hoogmoediges, maar aan nederiges gee Hy genade.” 7 Onderwerp julle dan aan God. Staan die duiwel teë en hy sal van julle af wegvlug. 8 Nader tot God en Hy sal tot ju lle nader. Was julle hande, sondaars, en reinig julle harte, huigelaars. 9 Bekla julle ellende, treur en huil! Laat julle vrolikheid in rou verander en julle blydskap in droefheid. |