21 November 2021


Kategese

Laai dokumente af ter voorbereiding vir Sondag:

Bybelstudie

Laai dokumente af na die diens Sondag vir die week wat volg:

2 Samuel 23 : 1 – 7
‘n Verbond vir altyd

1 Hier volg die laaste woorde van Dawid:

“Dit is Dawid seun van Isai wat praat.
Dit is ‘n man wat praat, een wat hoog geplaas is,
die gesalfde van die God van Jakob,
die gevierde in die liedere van Israel:

2 “Die Gees van die Here het deur my gepraat,
ja, sy woord was op my lippe.
3 Die God van Israel het gepraat,
die Rots van Israel het vir my gesê:
‘Hy wat regverdig oor mense heers,
wat regeer in eerbied teenoor God,
4 is soos die môrelig as die son opkom
op ‘n oggend sonder wolke;
dit skitter na die reën;
die gras skiet op uit die grond.’

5 “God het my koningskap goed gevestig,
Hy het aan my ‘n verbond vir altyd gegee,
behoorlik opgestel en goed bewaar.
Al my hulp, al my vreugde,
dit kom van Hom af.
6 Maar die goddelose is soos doringtakke wat alles weggegooi word;
niemand vat met die hand daaraan nie.
7 Wie daarmee werk, doen dit met yster of hout.
In ‘n vuur brand hulle heeltemal uit.”