26 Januarie 2020


Kategese

Laai dokumente af ter voorbereiding vir Sondag:

Bybelstudie

Laai dokumente af na die diens Sondag vir die week wat volg:

1 Kor 1:10-18

10 Ek doen ‘n beroep op julle almal, broers, in die Naam van ons Here Jesus Christus, om eensgesind te wees. Daar moet geen verdeeldheid onder julle wees nie. Julle moet een wees in dieselfde gesindheid en met dieselfde oortuiging.

11 Ek sê dit, my broers, omdat van Chloë se mense my vertel het dat daar onenigheid onder julle is.

12 Daarmee bedoel ek dat een sê: “Ek is vir Paulus;” een: “Ek is vir Apollos;” een: “Ek is vir Sefas;” en een: “Ek is vir Christus.”

13 Is Christus dan in stukke verdeel? Is Paulus miskien vir julle gekruisig, of is julle in die naam van Paulus gedoop?

14 Ek dank God dat ek niemand van julle gedoop het nie, behalwe Krispus en Gaius.

15 Niemand kan dus sê dat julle in my naam gedoop is nie.

16 Nee, ek het ook nog die huisgesin van Stefanas gedoop, maar verder weet ek nie of ek nog iemand gedoop het nie.

17 Christus het my immers nie gestuur om te doop nie, maar om die evangelie te verkondig, en dit nie met woorde van menslike wysheid nie, want dan sou die kruis van Christus sy krag verloor.

18 Die boodskap van die kruis van Christus is wel onsin vir dié wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God.