Kategese
Laai dokumente af ter voorbereiding vir Sondag:
Bybelstudie
Laai dokumente af na die diens Sondag vir die week wat volg:
Psalm 99: 1 – 9
1 Die Here regeer: die volke erken bewend sy gesag. Hy troon oor die gerubs: die aarde sidder van ontsag.
2 Groot is die Here, Hy wat in Sion is, hoog verhewe bo al die volke.
3 Hulle moet u groot en gevreesde Naam prys: “U is heilig!”
4 U is die magtige Koning, U het die reg lief; wat reg is, het U tot stand gebring. U het reg en geregtigheid in Jakob gevestig.
5 Prys die Here ons God. Kom buig in aanbidding voor Hom: Hy is heilig!
6 Moses en Aäron was onder sy priesters, Samuel onder dié wat sy Naam aangeroep het. Hulle het die Here aangeroep en Hy het hulle gebed verhoor.
7 In ‘n wolkkolom het God met hulle gepraat, en hulle het sy voorskrifte gehoorsaam, die opdragte wat Hy hulle gegee het.
8 Here ons God, U het hulle gebede verhoor. U was vir hulle ‘n vergewende God, maar Een wat ook hulle sondes gestraf het.
9 Prys die Here ons God, buig voor Hom op sy heilige berg, want die Here ons God is heilig.