Skip to content
Gesinsbediening NG Wierdapark
  • Tuis
  • Kontak Ons
  • Besoek NG Wierdapark Webwerf
    Besoek NG Wierdapark Webwerf

31 Oktober 2021

Gesinsbediening

Kategese

Laai dokumente af ter voorbereiding vir Sondag:

Graad R – 3
Graad 4 – 7
Hoërskool 

Bybelstudie

Laai dokumente af na die diens Sondag vir die week wat volg:

Familie Tuisblad
Selgroepe

Markus 12 : 28-34
Die vraag oor die grootste gebod
(Matt. 22:34-40; Luk. 10:25-28)

28 Een van die skrifgeleerdes het hulle hoor redeneer en het nader gestaan. Toe hy sien dat Jesus hulle ‘n goeie antwoord gegee het, vra hy vir Hom: “Wat is die heel grootste gebod?”

29 Jesus antwoord hom: “Die eerste is: ‘Luister, Israel, die Here ons God is die enigste Here. 30 Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand en met al jou krag.’ 31 Die tweede is: ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’ Geen ander gebod is groter as dié twee nie.”

32 “Pragtig, Meneer!” sê die skrifgeleerde vir Hom. “Dit is waar wat u gesê het: ‘Die Here is die enigste God,’ en ‘daar is geen ander God as Hy nie.’ 33 En ‘om Hom lief te hê met jou hele hart en met jou hele denke en met al jou krag’ en ‘om jou naaste lief te hê soos jouself’ is van meer belang as al die brandoffers en ander diereoffers.”

34 Toe Jesus hom so verstandig hoor praat, sê Hy vir hom: “Jy is nie ver van die koninkryk van God af nie.”

Niemand het dit toe meer gewaag om Hom ‘n vraag te stel nie.

Post navigation
← Previous Post
Next Post →
Doop
Die Doop
Belydenis Van Geloof
Belydenis Van Geloof
Die Nagmaal
Die Nagmaal

Kontak Ons

Epos: kantoor@ngwierdapark.co.za
Tel: +27 12 654 7944

Kopiereg © 2022 Gesinsbediening NG Wierdapark - Webwerf ontwerp

Visit the official COVID-19 government website to stay informed: sacoronavirus.co.za